Storiesterre← Storiesterre

Koekoek se Groot AvontuurCuckoo’s Big Adventure

DEUR ANNABEL LIVERSAGE

📄 PDF

Tik op enige woord om te sien watter woordsoort dit is.
Tap any word: Afrikaans + English help.
Tap any word to see what kind of word it is.
Tik op ’n woord: Engels + Afrikaans hulp.

Solank as Koekoek kan onthou ... woon hy gelukkig saam Oupa Dirk en Ouma Lenie ... teen die muur in hulle knus huisie.For as long as Cuckoo can remember… he has lived happily with Grandpa Dirk and Granny Lenie… against the wall in their cosy little house.

Elke uur het Koekoek sy kop deur die deurtjie gesteek en geroep:
“Koekoek! Koekoek!”
Vir elke uur ’n koekoek.
Maar Koekoek was nie gelukkig nie.
Dag in dag uit — het hy dieselfde gedoen.
Uit en in ... uit en in ...
Hy het gesug ... “Is dit al wat ek ooit gaan doen?”
Every hour Cuckoo stuck his head through the little door and called:
“Cuckoo! Cuckoo!”
For every hour a cuckoo.
But Cuckoo was not happy.
Day in, day out, he did the same thing.
Out and in… out and in…
He sighed… “Is this all I am ever going to do?”

Na al die jare het Oupa ook moeg geraak vir die eentonige, bruin kleur van die klok. Oupa het verf uit die motorhuis gaan haal. Hy het blommetjies en voëltjies op Koekoek se huisie geverf.After all the years Grandpa also grew tired of the dull, brown colour of the clock. Grandpa went to fetch paint from the garage. He painted little flowers and little birds on Cuckoo’s little house.

Dit het mooier gelyk, maar steeds nie so vrolik soos die tuin nie; en Koekoek was nog nie gelukkig nie.
Op ’n dag het hy deur sy venstertjie gekyk ...
It looked prettier, but still not as cheerful as the garden; and Cuckoo was still not happy.
One day he looked through his little window…

En daar buite het ’n wonderlike wêreld gewag!
Voëltjies het vrolik gesing in die son.
Bye het gesoem tussen die blomme.
Skoenlappers het gedans in die lig.
Koekoek se ogies het groot geword.
Hy het verstom gekyk; en sommer net bietjie jaloers gevoel.
Toe neem Koekoek ’n groot besluit.
Hy het diep gedink ... “Ek wil ook daar buite wees!”
And out there a wonderful world was waiting!
Little birds sang cheerfully in the sun.
Bees buzzed among the flowers.
Butterflies danced in the light.
Cuckoo’s little eyes grew big.
He looked in amazement; and felt just a little bit jealous.
Then Cuckoo made a big decision.
He thought deeply… “I also want to be out there!”

Met ’n klein sprongetjie — en nog een — het Koekoek uit sy huisie geklim.
Hy het op die tafel geland en toe deur die venster geglip!
With a small little jump, and another one, Cuckoo climbed out of his little house.
He landed on the table and then slipped through the window!

In die tuin het Koekoek probeer saam sing.
Hy het sy bekkie oopgemaak maar ... geen geluid nie.
In the garden Cuckoo tried to sing along.
He opened his little beak but… no sound.

Hy het sy vlerkies geklap maar ... niks het gebeur nie.
Koekoek het gesukkel; en stadig begin moed verloor.
He flapped his little wings but… nothing happened.
Cuckoo struggled; and slowly began to lose heart.

Intussen in die huis was daar groot gewoel!
Oupa en Ouma was vas aan die slaap; salig onbewus van Rooie die haan se kraai!
Oupa het hard gesnork, geklink of hy balke saag...
Meanwhile in the house there was a big commotion!
Grandpa and Granny were fast asleep; blissfully unaware of Red the rooster’s crowing!
Grandpa snored loudly, it sounded as if he was sawing logs…

Ouma het haar boeglam geskrik toe sy Sonnetjie gewaar; wat by die kamervenster inloer.
Ouma het opgespring sonder tande sonder bril; en kombuis toe gewaggel.
Granny got the fright of her life when she noticed Little Sun peeping in at the bedroom window.
Granny jumped up without teeth, without glasses; and waddled to the kitchen.

In die kombuis het die brooddeeg wat al in die oond moes wees; met bolwange oor die skottel se rant getuimel!
Hals oor kop het Ouma probeer om die brood in die oond te kry!
Die kombuis was ’n deurmekaarspul!
In the kitchen the bread dough, which should already have been in the oven, had tumbled with chubby cheeks over the rim of the bowl!
Head over heels Granny tried to get the bread into the oven!
The kitchen was a big mess!

Oupa het met die gewerskaf wakker geskrik en hals oor kop kombuis toe gestorm ... ook sonder tande en sy bril.Grandpa woke with a fright at all the fuss and stormed head over heels to the kitchen… also without teeth and his glasses.

Die hondjie Snippie en Kietsie die katjie het vir kos gebedel.
Oupa het maar geduldig vir sy koffie en beskuit gewag. Vandag, was daar nie tyd vir ontbyt nie.
“O jinne!”
Die rook het uit die oond geborrel!
Die brood was verbrand!
Snippie the little dog and Kitty the little cat begged for food.
Grandpa waited patiently for his coffee and rusks. Today there was no time for breakfast.
“Oh my goodness!”
The smoke bubbled out of the oven!
The bread was burnt!

Moeg gewerk, het Oupa later by die dammetjie gaan sit om te rus en aan die slaap geraak. Hy het die kraan oop vergeet!
Maar hy was nie bewus ... dat die water al voller en voller word nie.
Tired from working, Grandpa later went to sit by the little pond to rest and fell asleep. He forgot to close the tap!
But he was not aware… that the water was getting fuller and fuller.

Die vissies het hul ogies al groter gerek.
“O griet!”
Die dammetjie het oorgeloop!
Oupa het opgespring, gegly en — kaplaks — op sy boude geval!
The little fish stretched their little eyes wider and wider.
“Oh my word!”
The little pond overflowed!
Grandpa jumped up, slipped and, kaplaks, fell on his bottom!

Koekoek het alles gesien. Hy het stil-stil gekyk hoe Oupa en Ouma saam op die bankie sit.
Oupa met sy hoed oor sy oë en Ouma wat lusteloos deur ’n tydskrif blaai.
Hulle het sommer bietjie moedeloos gelyk.
Skielik voel Koekoek minder jammer vir homself.
Hy besef: dit is tog nie so sleg om koekoekvoëltjie te wees nie.
Hy het ’n belangrike rol!
Cuckoo saw everything. Very quietly he watched how Grandpa and Granny sat together on the little bench.
Grandpa with his hat over his eyes and Granny listlessly paging through a magazine.
They looked just a little bit downhearted.
Suddenly Cuckoo feels less sorry for himself.
He realises: it is not so bad after all to be a cuckoo bird.
He has an important role!

Stadig met sy koppie gebuig; hop hy terug huis toe.
Een groot sprong tot op die eetkamertafel; nog een na sy deurtjie toe.
En daar klim hy terug in sy huisie.
Baie later kom Oupa weer in.
Sy oë dwaal na die klok teen die muur.
Slowly, with his little head bowed, he hops back home.
One big jump up onto the dining table; another one to his little door.
And there he climbs back into his little house.
Much later Grandpa comes in again.
His eyes wander to the clock on the wall.

“Wêreld, ou vrou!” roep hy.
“Weet jy hoekom het alles vandag so skeefgeloop?”
“Ek het skoon vergeet om gisteraand die koekoekklok op te wen!
Koekoek het nie geroep nie!”
Net toe gaan die deurtjie oop en daar is hy!
“Koekoek! Koekoek!”
Oupa en Ouma kyk op ... en glimlag.
Koekoek glimlag skelmpies. Hy dink by homself:
“Ek is só dankbaar vir my veilige huisie.
En ek wil nêrens anders wees nie; en ek het altyd vir Oupa en Ouma by my.”
“Goodness, old girl!” he calls.
“Do you know why everything went so wrong today?”
“I clean forgot to wind up the cuckoo clock last night!
Cuckoo did not call!”
Just then the little door opens and there he is!
“Cuckoo! Cuckoo!”
Grandpa and Granny look up… and smile.
Cuckoo smiles slyly. He thinks to himself:
“I am so thankful for my safe little house.
And I want to be nowhere else; and I always have Grandpa and Granny with me.”

SlotgedagteClosing thought

Soms is die plek waar jy hoort, die plek waar jy die meeste beteken.
Ouma sê altyd: “Blom waar jy geplant is.”
Sometimes the place where you belong is the place where you mean the most.
Granny always says: “Bloom where you are planted.”

Tik op die wêreld om die storie in ’n ander taal te lees
(masjienvertaling)

← Terug na al die boeke

Volg Kinderstories op WhatsApp ♡