Storiesterre← Storiesterre

Jan en Pierewiet — Die Twee MotteJan and Pierewiet — The Two Moths

DEUR ANNABEL LIVERSAGE

📄 PDF

Tik op enige woord om te sien watter woordsoort dit is.
Tap any word: Afrikaans + English help.
Tap any word to see what kind of word it is.
Tik op ’n woord: Engels + Afrikaans hulp.

In ’n groen, rustige woud het ’n groepie motte gewoon. Die meeste van hulle was maar ’n bietjie ondeund en onbesonne, maar tussen hulle was daar een besonder slim mot.
Sy naam was Jan.
In a green, peaceful wood lived a little group of moths. Most of them were a bit naughty and thoughtless, but among them there was one especially clever moth.
His name was Jan.

Jan het ’n jonger boetie gehad met die naam Pierewiet.
Jan was ’n liefdevolle en voorbeeldige mot. Sy vlerke was pragtig, met sagte kleure, kolletjies en strepies wat in die maanlig geskitter het. Party van die motte het selfs gesê dat hy amper onwerklik mooi lyk.
Jan had a younger brother named Pierewiet.
Jan was a loving moth and a good example. His wings were beautiful, with soft colours, little dots and stripes that shimmered in the moonlight. Some of the moths even said that he looked almost unreally beautiful.

Pierewiet, daarenteen, was lomp en eenvoudig. Hy het nie altyd mooi gedink voordat hy iets gedoen het nie en het dikwels verkies om sy eie kop te volg.Pierewiet, on the other hand, was clumsy and simple. He did not always think carefully before he did something, and he often chose to follow his own head.

In die nag het die motgesinne uitgekom om kos te soek. Hulle was veral lief daarvoor om sap uit blomme en ryp, verrottende vrugte te suig.At night the moth families came out to look for food. They were especially fond of sipping sap from flowers and from ripe, rotting fruit.

Elke aand, wanneer die son sak, het Oupa en Ouma by hul klein houttafeltjie gaan sit. Op die tafel het ’n olielamp en ’n groot Bybel gestaan.
Oupa het met ’n sagte, liefdevolle stem uit die Bybel voorgelees. Die lamp se warm, geel-oranje lig het die vertrek gevul en ’n gevoel van vrede en veiligheid geskep.
Every evening, when the sun went down, Grandpa and Grandma sat down at their little wooden table. On the table stood an oil lamp and a big Bible.
Grandpa read from the Bible in a soft, loving voice. The lamp’s warm, yellow orange light filled the room and created a feeling of peace and safety.

Jan het elke aand opgewonde na hierdie besondere oomblik uitgesien.
Sodra Oupa die lamp aangesteek het, het die lig hom vriendelik aangetrek. Jan het nader gekom, rustig om die lamp gefladder en aandagtig na Oupa se woorde geluister.
Hy het die betekenis daarvan in sy klein hartjie verstaan en probeer om sy lewe skoon en mooi te hou.
Jan looked forward to this special moment every evening.
As soon as Grandpa lit the lamp, the light drew him in a friendly way. Jan came closer, fluttered calmly around the lamp and listened carefully to Grandpa’s words.
He understood the meaning of it in his little heart and tried to keep his life clean and beautiful.

Maar Pierewiet het die lig vermy.
Hy het liewer in die skemer gebly, ver van die lamp af. Hy was ongehoorsaam en het gedurig gesoek waar hy ’n bietjie stoutigheid kon aanvang.
Blomme se blare is afgeëet en selfs die suurlemoenboom se blare was vol klein knibbelmerke!
But Pierewiet avoided the light.
He would rather stay in the dusk, far from the lamp. He was disobedient and was always looking for a little mischief to get up to.
The leaves of flowers were eaten away, and even the leaves of the lemon tree were full of little nibble marks!

Maar Pierewiet was tog nuuskierig.
Een aand het hy besluit om die lig van naderby te bekyk.
Hy het in groot sirkels om die lamp gevlieg, soos ’n wieletjie wat al in die rondte draai.
Eers ver weg ... toe ’n bietjie nader.
Toe hy sien dat niks met hom gebeur nie, het hy sy sirkels al kleiner gemaak.
Die lig het warm gevoel. Die gloed was pragtig.
Hy het al hoe dapperder geword.
But Pierewiet was still curious.
One evening he decided to take a closer look at the light.
He flew in big circles around the lamp, like a little wheel going round and round.
First far away ... then a little closer.
When he saw that nothing happened to him, he made his circles smaller and smaller.
The light felt warm. The glow was beautiful.
He grew braver and braver.

Maar skielik het Pierewiet iets besef:
Die lig wys alles!
Daar was geen donker hoekie waarin hy kon wegkruip nie.
Hy het stil geword ...
Vir die eerste keer het hy ernstig oor sy dade begin nadink. Hy het onthou hoe hy die blare beskadig en al die stoutigheid aangevang het.
Met ’n skaam hartjie het hy omgedraai en saggies gesê:
“Jan ... ek wil ook leer om in die lig te leef.”
Jan het geglimlag. Hy het sy boetie liefdevol nader getrek en gesê:
“Die lig is nie hier om ons seer te maak nie, Pierewiet. Dit help ons om raak te sien wanneer ons verkeerd doen en wys ons hoe om die regte pad te kies.”
But suddenly Pierewiet realised something:
The light shows everything!
There was no dark little corner in which he could hide.
He became still ...
For the first time he began to think seriously about his deeds. He remembered how he had damaged the leaves and got up to all the mischief.
With a shy little heart he turned around and said softly:
“Jan ... I also want to learn to live in the light.”
Jan smiled. He drew his brother closer lovingly and said:
“The light is not here to hurt us, Pierewiet. It helps us to notice when we do wrong, and shows us how to choose the right path.”

Daardie aand het Pierewiet ook nader aan die lig gekom.
Nie om weg te kruip nie, maar om te leer.
En van toe af het die twee boeties saam in die lig gefladder.
That evening Pierewiet also came closer to the light.
Not to hide, but to learn.
And from then on the two brothers fluttered together in the light.

🌟 Boodskap van die storie🌟 Message of the story

God se lig wys vir ons wanneer ons verkeerde dinge doen. Ons moenie dink ons kan met sonde speel sonder dat dit ons uiteindelik skade berokken nie. Wanneer ons ons foute erken en na God se lig toe draai, help Hy ons om die regte pad te kies.God’s light shows us when we do wrong things. We must not think we can play with sin without it eventually harming us. When we admit our mistakes and turn toward God’s light, He helps us to choose the right path.

Tik op die wêreld om die storie in ’n ander taal te lees
(masjienvertaling)

← Terug na al die boeke

Volg Kinderstories op WhatsApp ♡