DEUR ANNABEL LIVERSAGE
Tik op enige woord om te sien watter woordsoort dit is.
Tap any word: Afrikaans + English help.Tap any word to see what kind of word it is.
Tik op ’n woord: Engels + Afrikaans hulp.

Die hemel was vol opgewondenheid!
Die sterre het voor God se troon gejubel en gedans.Heaven was full of excitement!
The stars cheered and danced before God’s throne.

Iets groot en heilig was op pad!
Maar niemand het geweet wat dit sou wees nie ...
Die sterre het hul mooiste, blinkste klere aangetrek.
Hulle het geskitter in die helder lig van die volmaan.Something great and holy was on its way!
But nobody knew what it would be …
The stars put on their prettiest, shiniest clothes.
They sparkled in the bright light of the full moon.

“Ek sal die beste wees!” het die een ster gesê.
“Ek skyn die helderste!” het ’n ander geroep.
Die sterre het begin regmaak …
elkeen wou die mooiste wees vir die groot werk.“I will be the best!” said one star.
“I shine the brightest!” called another.
The stars began to get ready …
each one wanted to be the prettiest for the great work.

Die Aandster het statig vorentoe gegly in haar blink gewaad, wat soos sagte goud geskyn het.
“Ek waak oor die nag,” het sy sag gesê.The Evening Star glided forward grandly in her shiny robe, which shone like soft gold.
“I watch over the night,” she said softly.

Die Môrester het gaap-gaap aangekom, maar toe helder begin skyn.
“Ek bring die nuwe dag!” het hy vrolik gesê.The Morning Star arrived yawn-yawning, but then began to shine brightly.
“I bring the new day!” he said cheerfully.

Orion en sy sewe sterre het trots gestaan, soos dapper wagters in hul netjiese manelpakke.
“Ons is sterk en gereed!” het hulle gesê.Orion and his seven stars stood proudly, like brave guards in their neat tailcoats.
“We are strong and ready!” they said.

Die Melkweg het soos ’n stroom lig ingestap, in sagte wit gewade wat agter hulle vloei.
Hulle het stil en sierlik beweeg, soos ’n hemelse optog.The Milky Way walked in like a stream of light, in soft white robes that flowed behind them.
They moved quietly and gracefully, like a heavenly parade.

Die Engel het voor ’n ster stil gaan staan ...The Angel stopped still in front of one star …
Die gekose ster het sag begin gloei.
Nie die helderste nie, maar die mooiste lig van almal.
“Jy sal die pad wys,” het die stem liefdevol gesê.
Die ster het effens gebewe.
“Ek?” fluister hy sag.
“Ja,” kom die antwoord,
“jy sal die wêreld na die Jesus lei.”The chosen star began to glow softly.
Not the brightest, but the most beautiful light of all.
“You will show the way,” the voice said lovingly.
The star trembled a little.
“Me?” he whispers softly.
“Yes,” comes the answer,
“you will lead the world to Jesus.”

Stadig … baie stadig … het die ster begin beweeg.
Hy het oor die donker aarde geskyn,
soos ’n sagte lig wat die pad wys.Slowly … very slowly … the star began to move.
He shone over the dark earth,
like a soft light that shows the way.

Waar hy verbygaan, het mense opgekyk.
“Het jy dit gesien?”Wherever he passed, people looked up.
“Did you see that?”

Op ’n stil veld het skaapwagters gesit.
Die nag was koud en donker.
Die skape het rustig gelê … “mee-ê… mee-ê…”
’n Klein lammetjie lig sy koppie.In a quiet field shepherds were sitting.
The night was cold and dark.
The sheep lay peacefully … “baa-aa… baa-aa…”
A little lamb lifts its little head.

Skielik … het die hemel oopgegaan!
Lig het rondom hulle geskyn.
Die skape het opgespring! “mee-ê! mee-ê!”
Die donkie spits sy ore.
“Moenie bang wees nie,” sê die engel.
“Ek bring goeie nuus!”Suddenly … heaven opened up!
Light shone all around them.
The sheep jumped up! “baa-aa! baa-aa!”
The donkey pricks up its ears.
“Do not be afraid,” says the angel.
“I bring good news!”

Ver weg ... het wyse manne die ster gesien.
“Dit is nie ’n gewone ster nie,” het hulle gesê.
Hulle het hul goed gepak; en die ster gevolg.Far away … wise men saw the star.
“This is not an ordinary star,” they said.
They packed their things, and followed the star.

Die ster het stil gaan staan bo ’n klein, eenvoudige dorpie.The star stopped still above a small, simple little town.

Die donkie, moeg van die reis, spits sy ore en stap nader.
Die bees kyk op en snuif diep ... asof hy weet iets groots het gebeur.
Op die dak koer ’n wit duif sag … soos ’n lied.The donkey, tired from the journey, pricks up its ears and walks closer.
The ox looks up and sniffs deeply … as if he knows something great has happened.
On the roof a white dove coos softly … like a song.

Toe … het stilte neergesak.
Drie wyse manne stap nader.
Frik en Freek, die tweelingvarkies, staar na die groot sakke.
“Hierdie manne is belangrik!”Then … a silence settled.
Three wise men walk closer.
Frik and Freek, the twin piglets, stare at the big bags.
“These men are important!”

Die wyse manne kniel neer.
Hulle bring goud, wierook en mirre.The wise men kneel down.
They bring gold, frankincense and myrrh.

Agie, die speenvarkie, glip nader.
Hy hoor die twee koeie, Mia en Emma sing.
Al sy haartjies staan regop.
Hy wéét: “hier is iets besonders!”
“Snork … snork …”Agie, the little piglet, slips closer.
He hears the two cows, Mia and Emma, sing.
All his little hairs stand up straight.
He knows: “here is something special!”
“Snort … snort …”

En daar … in die voerbak lê ’n klein babatjie, Jesus ...
Agie draai om en hardloop om die blye nuus te vertel.And there … in the manger lies a little baby, Jesus …
Agie turns around and runs to tell the happy news.

In die stal het alles stil geword ... heilig.
Selfs die diere het nader gekom.In the stable everything became still … holy.
Even the animals came closer.

Die ster het sag oor Hom geskyn soos ’n lig van liefde.
En die Ster van Bethlehem het bly skyn ... nie net in die hemel nie, maar ook in mense se harte.The star shone softly over Him like a light of love.
And the Star of Bethlehem kept on shining … not only in the sky, but also in people’s hearts.

En oral het kinders begin sing … van die lig, en van Jesus.And everywhere children began to sing … of the light, and of Jesus.
Jy hoef nie die grootste te wees om die lig te dra nie.
God gebruik elkeen … om Sy liefde te wys.You do not have to be the biggest to carry the light.
God uses each one … to show His love.
Tik op die wêreld om die storie in ’n ander taal te lees
(masjienvertaling)